Riana Mouton

Welkom by Riana Mouton se Webwerf

Ek is in Pretoria gebore en het in ‘n goeie voorstedelike Afrikaanse huis groot geword. As die jongste van vier kinders is ek deur my ouer susters en broer ingelyf in die lewe van drama en musiek – almal groot liefhebbers daarvan.

My ouerhuis is ‘n standvastige rots waarop my kinderlewe geskoei word. Ons toer gereeld as gesin deur Europa en so leer ek van vroeg al af om my vlerke te sprei.

Op 11-jarige ouderdom ontdek die wonderwęreld van stories skryf. Ek ontdek die mag van die pen. My Afrikaanse onderwyseres, Hettie Myburgh, sien talent raak en moedig my aan om te skryf. Sy skaaf en ontgin en skryf my by ‘n buitekurrikulęre skool vir begaafde leerlinge in. Daar word ek in die geheime van skryfkuns ingelei.

Read More



Nemesis
Nemesis

Nadat die soveelste slagoffer se lyk gevind is met ’n nota wat net lui “dit is volbring”, weet Ben Hugo van die Suid-Afrikaanse Polisie hier is ’n reeksmoordenaar vaardig. Of is dit ’n groep wat wraak neem? Dit lyk nie na net een mens se werk nie.

Gaandeweg word dit ook duidelik dat al hierdie slagoffers by een van die afskuwelikste vorms van vergryp betrokke was: pedofilie. Heimlik meen Hugo, soos baie ander mense, pedofiele verdien ’n dood soos dié wat hierdie geskende lyke te beurt val.

Maar hy is ook ’n dienaar van die gereg wat diegene moet opspoor wat die reg in eie hande neem en dit is wat hy hom voorneem om te doen. Tot hierdie bose sweer in die samelewing Hugo se private lewe besmet en hy opnuut moet besin oor die morele vraagstuk van wet en orde versus vigilanteoptrede.

Read More

Omslag

“Daar's 'n opwindende nuwe Afrikaanse skrywer op die horison. Boonop kan Riana Mouton kers vashou by die beste whodunnit skrywers węreldwyd en sy het maar nog pas begin" 
lse Salzwedel

“Die reuk van die dood het die indruk geskep dat Mouton, met goeie leiding deur haar uitgewer, een van die voorste Afrikaanse spanningsverhaalskrywers kan word." 
B Roux

Iemand is besig om jong vroue in Mafikeng te ontvoer en te vermoor. Dit word gou duidelik dat daar 'n verband is tussen die moorde: die slagoffers se een vinger word verwyder. 'n Reeksmoordenaar dus. Die moorde is onheispellend, want die slagoffers word gemartel en uit woede vermoor. Dit is die ergste soort moordenaar wat 'n mens kan kry, want hy is intelligent en hy geniet die kat-en-muis-speletjie.

Hierdie persoon moet so gou as moontlik gekeer word

Junior Scheepers is die speurder wat die ondersoek lei, maar hy het probleme van sy eie.