NEMESIS

Nadat die soveelste slagoffer se lyk gevind is met ’n nota wat net lui “dit is volbring”, weet Ben Hugo van die Suid-Afrikaanse Polisie hier is ’n reeksmoordenaar vaardig. Of is dit ’n groep wat wraak neem? Dit lyk nie na net een mens se werk nie.

Gaandeweg word dit ook duidelik dat al hierdie slagoffers by een van die afskuwelikste vorms van vergryp betrokke was: pedofilie. Heimlik meen Hugo, soos baie ander mense, pedofiele verdien ’n dood soos dié wat hierdie geskende lyke te beurt val. Maar hy is ook ’n dienaar van die gereg wat diegene moet opspoor wat die reg in eie hande neem en dit is wat hy hom voorneem om te doen. Tot hierdie bose sweer in die samelewing Hugo se private lewe besmet en hy opnuut moet besin oor die morele vraagstuk van wet en orde versus vigilanteoptrede.

Waar moet emosie en persoonlike oordeel terugstaan sodat reg en geregtigheid kan seëvier?


REUK VAN DIE DOOD

Iemand is besig om jong vroue in Mafikeng te ontvoer en te vermoor. Dit word gou duidelik dat daar 'n verband is tusen die moorde: die slagoffers se een vinger word verwyder. 'n Reeksmoordenaar dus. Die moorde is onheispellend, want die slagoffers word gemartel en uit woede vermoor.

Dit is die ergste soort moordenaar wat 'n mens kan kry, want hy is intelligent en hy geniet die kat-en-muis-speletjie.
Hierdie persoon moet so gou as moontlik gekeer word ...

Junior Scheepers is die speurder wat die ondersoek lei, maar hy het probleme van sy eie. Sy lewe val uitmekaar na sy egskeiding en hy sukkel om by sy eie donkerte verby te kom. Hy is agterlosig en aggressief en dit is struikelblokke in die ondersoek.


SPOORLOOS

Alex Cloete is arm en geskei; probeer homself as ambagsman aan die lewe hou. Dis nie juis maklik met sy eks wat kort-kort geldeise stel nie. Hy kom nie met sy windmakerige broer oor die weg nie. Boonop het Alex ’n donker verlede…

Hy is darem op goeie voet met sy ma. Zander, sy seun, gee sin aan Alex se lewe, maar Zander bly by Mercia (Alex se eks) in Durban. Pa en seun sien mekaar net wanneer Zander tydens vakansies kom kuier.

Mercia sterf skielik in ’n motorongeluk. Zander was saam met haar in die motor, maar daar is geen teken van hom nie.

Is hy deur die rivier meegesleur of is daar iets sinisters aan die gang? Het die “ongeluk” iets met Alex se verlede te doen?
As Zander nie dood is nie, waar is hy? Wie het hom ontvoer en hoekom?

Kliek hier om meer te lees...