ILSE SALZWEDEL


MARION ERSKINE


CHANETTE PAUL

Onderhoude

Nóg ’n TREFFER ná debuut-sukses

Rapport in gesprek met Riana Mouton

Deon Meyer het mededinging. Gedugte mededinging. Haar naam is Riana Mouton, en reeds met haar debuut, Reuk van die dood, het sy lesers en resensente gaande gehad. Dit was dus nie ’n verrassing nie toe Reuk verlede jaar die kortlys van die ATKV Woordveertjies vir spanningsfiksie haal.
Kliek hier om meer te lees...

Ilse Salzwedel praat met Riana Mouton

Riana Mouton woon tans “vir ’n seisoen” saam met haar man en seuns in Whangaparaoa, Nieu-Seeland.
“Ek en Anton het dit (oorsee getrek) gedoen sodat ons kinders meer geleenthede kan hê. Ons het twee pragtige seuns wat albei baie goed is in sport, veral rugby en krieket. Naude, die oudste, is 15 en speel albei op provinsiale vlak. Arno is 11.”
Kliek hier om meer te lees...

Marion Erskine praat met Riana Mouton

Waarom het jy begin skryf? Wie was jou inspirasie?

My inspirasie was beslis Prof. Tom Gouws. Ons het eendag in ‘n restaurant gesit en toe vra hy my uit die bloute, waarom ek nie probeer om ‘my hand aan ’n pen’ te waag nie.
Kliek hier om meer te lees...

Chanette Paul se vrae aan Riana Mouton

Crime Beat 03 August 2009

Hoe dra die geografiese afstand daartoe by om oor Suid-Afrikaanse sake te skryf?

Ek voel soms ongelooflik geïsoleerd hier in Nieu-Seeland. Ek verlang intens na my land, na my mense, na die essensie van Afrika. Dit is ongelooflik frustrerend om in ’n ander land te wees en ’n storie te skryf wat in SA afspeel. Met my nuutste manuskrip het ek byvoorbeeld gesukkel met die pryse van kos. Dit klink seker vreemd, maar ek is totaal uit voeling met kospryse, huispryse, die verandering van die dorpe, paaie, plekname.
Kliek hier om meer te lees...