Riana Mouton Biografie

Laerskool
Op 11-jarige ouderdom ontdek die wonderwęreld van stories skryf. Ek ontdek die mag van die pen. My Afrikaanse onderwyseres, Hettie Myburgh, sien talent raak en moedig my aan om te skryf. Sy skaaf en ontgin en skryf my by ‘n buitekurrikulęre skool vir begaafde leerlinge in. Daar word ek in die geheime van skryfkuns ingelei.

Hoërskool
Na skool betree ek die wye węreld. Ek reis deur ‘n groot deel van Suid-Afrika. Daardie jare was dit nog taboe vir ‘n jong vrou om alleen in die buiteland te reis. Ek studeer vir ‘n paar jaar by Goudstad Onderwyskollege en doen daarna wat my hand vind om te doen. Dis veral in die Laeveld waar ek my liefde vir skryf weer herontdek.

Nadat ek my man (die Engel) ontmoet het en ons getroud is, keer ek terug na die ou Wes-Transvaal. Ek is totaal behep met die oop landskap, die boergemeenskap en die rustigheid van die platteland. Die dood van my dogtertjie in 1996 slaan ons aan flarde. Ek maak dankbaar my twee seuns in die platteland groot.

Ek werk vir ‘n tydperk by ‘n radiostasie en hanteer spesifiek die kinder- en aktuele programme. Dis daar waar die joernalis in my ontwaak; waar ek besef dat daar ‘n storie in elke situasie is. Ek skryf as vryskutjoernalis vir die Noordwester, Beeld, Rapport en Huisgenoot en dis hier waar ek in ’n dinamies skeppende omgewing leer skryf. Ek delf dieper in meer ernstige nuus en ontdek die diepe empatie vir mense se situasies. Dis die boeke “The boy called It” en “I am David” wat my ruk – wat my die ding oor keuses laat besef; wat my die vrae laat begin vra wat my dwing om dieper te gaan soek.

Skrywer
Eendag, terwyl ek saam met ‘n dierbare vriend, prof Tom Gouws kuier, motiveer hy my om ‘n roman te skryf. Ek het bang-bang, baie versigtig begin. My omvangryke navorsing het mettertyd ‘n lęplek in ‘n verhaal begin kry.

Maar dit was eers toe ek ‘n werklike outopsie bygewoon het en ‘n reeksmoordenaar se bekentenis van sy dade in persoon aangehoor het, dat die vraag by my opgekom het ... Wat maak iemand so stukkend? Ek het begin delf; ek wou nie die dade ondersoek nie, maar die mens. In hierdie tyd leer ek die SAPD se Bevelvoerder van die Ondersoekgerigte Sielkunde eenheid, Dr. Gerard Labuschagne, ken en hy sluit ‘n deel van die die donker węreld van die mens se psige vir my oop.

Die hede
Ek is tans ‘n voltydse skrywer en woon vir ‘n seisoen in Whangaparaoa, Nieu-Seeland, waar ek navorsing doen vir my volgende roman.