Resensie vanaf webbladgebruiker op Spoorloos

'n Skrywer met 'n skrander intellektuele vermoë wat 'n meesterstuk geskryf het. Baie geluk, dis werklik 'n baie goeie spanningsverhaal wat 'n mens deurentyd betrokke maak by elke vol karakter in die boek asook 'n begeerte kweek om die storielyn te volg en die eindpunt van die verhaal so gou as moontlik te bereik.

Ek kan met vrymoedigheid aanbeveel dat hierdie verhaal maklik in 'n draaiboek geskryf kan word en vir plaaslike TV kanale uitgesaai word.

Aan Lapa, dis heerlik om sulke goeie boeke van julle te lees en 'n wonderlike publikasie wat enige leser wegvoer en verstrengel in 'n gespanne atmosfeer op jou eie stoel in jou eie huis.

Baie geluk, Riana! Welgedaan. Sien uit na jou volgende boek



Mouton gaan listig te werk - Stoffel Cilliers

’n GOEIE spanningsverhaalskrywer gaan listig soos ’n spinnekop te werk. In die begin van die storie lok sy (soos in hierdie geval) die leser subtiel ál dieper in haar web. En gou wíl hy nie uit haar verleidelike wêreld ontsnap nie.

Die tegniek wat Riana Mouton met hierdie doel voor oë so doeltreffend inspan, is funksionele terugflitse wat ’n blik op al die vernaamste karakters se verlede werp en tegelyk hul persoonlikhede uitbou.

Haar geleidelike fondamentlegging boei – lánk voordat sy die hoofkarakter, Alex Cloete, met sy lady, ’n .338-Lapua Magnum, laat losbrand.

Die leser ontmoet Alex in ’n polisiesel ná ’n naweek se sinnelose gefuif. Sy lewe is uitsigloos. Sy eksvrou sterf geheimsinnig en sy sesjarige seun verdwyn. Dit lyk ook asof die hoogs geheime sendings van sy weermagdae wil boemerang.
Alex kry weer koers toe hy sy vermiste seun gaan soek.

Kliek hier om meer te lees...




SPOORLOOS

Alex Cloete is arm en geskei; probeer homself as ambagsman aan die lewe hou. Dis nie juis maklik met sy eks wat kort-kort geldeise stel nie. Hy kom nie met sy windmakerige broer oor die weg nie. Boonop het Alex ’n donker verlede…

Hy is darem op goeie voet met sy ma. Zander, sy seun, gee sin aan Alex se lewe, maar Zander bly by Mercia (Alex se eks) in Durban. Pa en seun sien mekaar net wanneer Zander tydens vakansies kom kuier.

Mercia sterf skielik in ’n motorongeluk. Zander was saam met haar in die motor, maar daar is geen teken van hom nie.

Is hy deur die rivier meegesleur of is daar iets sinisters aan die gang? Het die “ongeluk” iets met Alex se verlede te doen?
As Zander nie dood is nie, waar is hy? Wie het hom ontvoer en hoekom?

Kliek hier om meer te lees...